Riku Lätti's Official Website
  • News/Nuus
  • Albums
  • Lirieke
  • Films
  • Photo Gallery
  • Press
  • who is Riku Lätti
  • Victor S. Wolf
  • Die Wasgoedlyn
  • Kontak Riku
  • Lekker Links
  • Blog: Riku's Write
  • Help me make art
  • Taboek
  • Die Taboeksjou

Stories

  • De Kat   6/1/2001
  • SA ROCK DIGEST 2/18/2001
  • Blunt Magazine   3/1/2001
  • JIP 3/7/2001
  • Intervention Arts 4/1/2001
  • SL 5/1/2001
  • Kampus-Beeld   7/30/2003
  • 12Hz - Angola Badprop 6/24/2002 
  • Riku & Jean maak kraakvars klanke wat beïndruk - Die Matie 4/6/2002
  • van die beste en varste stukkies Afrikaans - Heraut 9/21/2001
  • mature, intelligent music that's easy to listen to - Toast Coetzer
  • A WEIRDO, BUT AN ORIGINAL ONE - Citizen   5/28/2001 
  • Riku Lätti, elke dag anders - Rapport   6/5/2005 
  • Lätti dalk tog redder van Afrikaans - Die Burger 10/16/2004
  • ***** SAMusic - 11/1/2004
  • G’n einde aan talent hier nie! - RSG Musiek 10/5/2004 
  • Poëties en progressief - Die Burger 8/28/2004
  • Katvrou - Litnet 1/8/2005 
  • 'n Afrikaanse aanval teen Bush - Volksblad 12/3/2004
  • Riku tel sterre - Angola Badprop 12/13/2004 
  • Album not to be missed - Eveology   3/17/2005 
  • Laatnagsluiper wat ontdek - Beeld   2/16/2005 
  • ***** Wow! Rapport Tydskrif   3/27/2005 
  • Riku Lätti en Kristoe Strauss skitter in Centurion Teater

Taboeksjou

  • Hier kom die boeke
  • 'n Gesprek met pa
  • Nardus du Plooy : Tankwa (live)
  • Die Onpopulêre Opinie
  • "Left Behind" deur Anria Delport
  • Die Koelkamers - 4 Vertonings in 1 Dag
  • Taboekgesprek met Jonathan Amid
  • Riku lees Taboek (deel 1)

News/Nuus

Cannes Film Awards 2023: The Voice Behind the Wall = Best African Film

powered by social2s

The Voice Behind the Wall

directed by Gideon Breytenbach & Riku Lätti
 
Daar is dit nou offisieel: kyk op die wennersblad https://cannesfilmawards.com/winners/2023 en sien, ons fliek "The Voice Behind te Wall" (Of in SA gesien as "Die Ongetemde Stem") het "Best African Film" gewen by die Cannes Film Awards 2023.
Dankie Gideon Breytenbach, ek sal sommer jou pragtige prent hier approprieer om dit te vier uit my diefstal jou komplimenteer met die gedagte dat jou werk so uitstekend is dat mense soos ek dit wil hê om vir almal te wys. Weet jy maar ek weet
jy is die beste!
 
Dankie almal anders wat bygedra het, julle is baie, maar ek moet uitlig: Churchil Naudé jy is 'n wonderlik onwillige superster, Dan Roberts, jy vertel SA musiek se storie pragtig, David Kramer, jy het die eerste klip omgedraai wat ons laat verder soek het, Koos Kombuis, en vir jou is daar te veel om voor dankie te sê, stuur ons baie liefde, Anton Goosen, jou swaargewig, grootse figuur wat gewillig was om so eerlik en oop met ons te gesels en musiek te maak, baie baie dankie, die voorreg laat ons nederig, Schalk van der Merwe, jou kennis, navorsing het massiewe bydrae gelewer, Lloyd Ross, for you massive love for everything you have done, not only for this film, but for Afrikaans music in general, if not for you Afrikaans would not have known there is an alternative. Ralph Rabie, James Philips, Jannie Hanepoot, Tonia en Willem Möller en alles Voëlvry, jullie het inderdaad mense soos ek bevry van mental slavery, lief vir jullie almal, Piet Botha, die fliek is ook opgedra aan jou wat ons met soveel authority kon laat lag huil en lewe, Hunter Kennedy, jou geniale mens wat groot idees vir die res van ons kan verteer en verstaanbaar aanbied, Frazer en Deniel Barry, julle ervaringe het soveel beteken om die waarheid vir ons te ontbloot, dankie daarvoor en vir al dit wat julle doen om Afrikaans se kulturele skatkis te vergroot, Rian Malan, jy is die man, dankie vir die mooiste tunes en die dieper dog eenvoudige filosofie waarby almal kan baat, Charl Naudé, jy wat saam met ons daai eerste jare onderhoude verfilm het, al ons ander liewe vriende wat bygedra het met hul kuns en gedagtes op die Wasgoedlyn (daar was meer as 150 onderhoude met lewendige musiek waaruit Gideon gensy het) julle almal wil ons bedank, ek sal vir Gideon vra om almal se name te lys wanneer hy kan zodat almal ander ook kan weet. Maar vir dokter op stel Ilze Breytenbach, was dit nie vir jou nie was ek dalk al dood aan hondsdolheid, maar bo en behalwe my lewe, baie dankie ook vir jou liefde en die lewende waarheid wat jy nie bang is om te vertel nie, en my liewe Jackie Lätti, jy wat die hele proses saam help bymekaar hou het, vir jou baie baie dankie en baie liefde.!

Kontak/Contact Riku

powered by social2s

facebook.com/LattiRiku/

instagram.com/riku.latti/

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

'n Ope brief van Die Wasgoedlyn aan 2020

powered by social2s

Almal wat gedink het 2019 was ‘n kak jaar verlang, soos ons, seker ook nou terug na die meer eenvoudige, duister tye, toe loadshedding ons grootste nasionale probleem was.  

 Moet ook seblief nie vergeet dat ons verlede jaar die Wêreldbeker gewen nie.  Ai, die goeie ou donker dae van 2019.  

Coronavirus, of soos dit onder van ons vriende bekendstaan, die Coronafokkenvirus, het ons almal hier behoorlik agter die plasmaskermgordyn vasgepen en is besig om ons almal in self-geskoolde viroloë te omskep.  Ons leer ten minste, en die enigste ding wat vinniger as die virus versprei, is whatsapp memes en videos van ander vasgekeerdes wat met humor en frustrasie ook hul dilemmas en insigte met die wêreld wil deel.  Die mooiste ene seker die video van mense wat in Turkye kospakke op straathoeke los vir diegene in nood.

Ook hier tuis laat ons buurvrou weet sy bring lasagna en ontsmettingsmiddele.  Sonder dat ons daarvoor gevra het, kom die familie hier aan met pakke pasta, blikkieskos,koffie, vleis en ‘n bottel gin.   Hulle weet ons is musici en al ons vertonings (dus ons inkomste) is voorlopig gekanselleer.   Ons harte is warm en bly vir die meelewing om ons.  Maar baie musikante wat nie ‘n vaste voet in die finansiële wêreld het nie, sit vandag met hul hande in die hare.  Daar word naarstiglik plannetjies gemaak om kos op die tafel te sit.  Om die elektrisiteit en water aan die gang te hou. Om die huispaaiement te betaal.  Om die internet aan die gang te hou. Mense met kinders wat nie geld het vir koorsmedisyne vir íngeval nie.  Talentvolle mense wat hul geliefde instrumente verkoop of verpand omdat daar eenvoudig nie ‘n ander uitweg is nie.   Waar sal ons hulp vandaan kom?  Hierdie keer nie van die berge nie, maar letterlik van oral om ons.  Ons moet mekaar help,  want dis hoe ons deur hierdie ding gaan kom.   As ‘n kragtige netwerk van mense aan mekaar verbind.  Toevallig en ironies genoeg, is hierdie verbintenisse met mekaar presies dieselfde ding wat hierdie gevaarlike virus so vinnig laat versprei.  Coronavirus, gebore in die Ooste, gebruik ook ‘n beginsel sterk ingelê in Oosterse vegkuns: gebruik die vyand se kragte teen homself. 

Ons het met Die Wasgoedlyn begin omdat ons opgelet het dat daar ‘n groot kloof tussen die musiek waarvan ons hou en die musiek wat groot sukses en sigbaarheid op omtrent elke denkbare platform in Suid-Afrika geniet.  Ons ideaal was (en is nog steeds) om daai wonderlike liedere en gedigte van onbekende (meestal sukkelende) musikante en digters op te neem of te verfilm en dit te verewig, sodat dit darem ‘n kans staan om iets anders vir iemand anders elders te beteken.

Maar die Wasgoedlyn se nederige sukses is nie slegs van ons afhanklik nie.  Ons het toé al die menslike net van goeie wil ervaar.   Skrywer C. Johan Bakkes en sy mede (aan ons onbekende) trustees het befondsing beskikbaar gemaak om my gesteelde rekenaar te vervang waarmee ek opnames gemaak het.  Sonder hulle het belangrike albums soos Wasgoedlyn 1-3 net eenvoudig glad nie gebeur nie:

Wasgoedlyn 2: https://distrokid.com/hyperfollow/diewasgoedlyn/dDFf

Wasgoedlyn 3: https://distrokid.com/hyperfollow/diewasgoedlyn/die-wasgoedlyn-volume-3

 

‘n Baie gawe organisasie het  Die Wasgoedlyn gehelp om die verfilming van die eerste Wasgoedlyn TV-Reekse.   Dié het eerste op kykNet se minder bekende kleinkanaal kykNet Nou! uitgesaai vir ‘n somtotaal R0 kontant, maar die publisiteit was baie meer waardevol as al die dollars wat nie ingekom het nie.  

Dit alles genoem, bly die grootste faktor in Die Wasgoedlyn se sukses die mense, die kunstenaars en musikante wat altyd so vrygewig en gretig is om hul talente, hulle kunswerke, hulle beautiful songs en gedigte, met ons te deel.  Nou praat ek nie net van Piet Botha, Stef Bos,  David Kramer, Anton Goosen en Koos Kombuis wat so lekker met ons ander plebs op die bierkratte onder die Wasgoedlyn kom sit en lawaai nie, maar ook van mense soos Brain Cloete, Dawie de Jager,  Benjamin Voete, en vele ander wonderlike kreatiewe siele. Die  kunstenaars wat ongesiens waardevolle bydraes lewer tot ons kultuurskat wat nié gevier word nie.  

Dit is veral vir hiérdie mense wat ons en Kilroy Was Here! se Gideon Breytenbach op die oomblik kyk na moontlikhede om die Wasgoedlyn TV-reekse beskikbaar te maak op die internet.  Daar sal  ‘n donasiestruktuur in plek wees, en ons wil die fondse aanwend om die sukkelende musikante van die Wasgoedlyn, wat in hierdie tye geen inkomste geniet nie, darem elke nou en dan ietsie te stuur wat hulle hopelik uit ‘n penarie sal help.  Dit is die minste wat ons kan doen en dit is iets wat ons moét doen, want ons weet hoe dit voel om ‘n onoorkombare probleem in die oë te staar en dan uitgehelp te word.  

Dis snaaks genoeg in tye soos dié, wanneer die storm losbars en alles chaoties word, wat mens ewe skielik ‘n helder prentjie ontwikkel van wat jou te doen staan.   Jy het dan die keuse om daarop te reageer, of om te wag tot alles verbygaan.  Maar van niksdoen kom malheid, so hier kom dit nou, wees opgesaal want binnekort is daar baie meer Wasgoedlyn aanlyn.

Ek het ook op talle plekke gelees van kunstenaars wat beoog om hierdie tyd te gebruik om produktief te verkeer.  Drie weke van nou af sien ons, skies, hoor ons, dalk honderde nuwe liedjies en gedigte.  Ek weet van ons kant af is daar alreeds ‘n nuwe plaat op pad, wat ons so fokken gelukkig is om met Tonia en Willem Möller te kan doen, maar dis ‘n verrassing wat niemand gaan verwag nie, so vergeet dat ek enige iets hieroor gesê het.

Hierdie Covid19 ding is erg en ernstig en baie slegte goed kan gebeur.  Maar ek weet voor my siel, jy maak jouself siek as jy jouself heeltyd bemoei met die ergste ding wat kan gebeur, so daarom fokus ons op die positiewe.  Dit gesê is my hart veral seer oor die Wasgoedlyn se optredes saam met Churchil Naude en die Gereformeerde Blues Band wat gekanselleer is.  Want dis net, ai, wat kan mens sê behalwe soos wat Stef Bos ook op die Wasgoedlyn gesê het: “Dis die lewe.”

{YouTube}ke2N66KQ_ps{/YouTube}

Die musikante wat ek bewonder is groot geeste met ruim harte. Newwermaaind dat hulle nooit op die Huisgenoot se voorblaaie gaan pryk nie.  Hulle is nederig en vrygewig, en sal hul laaste sente met mekaar deel.  Ons is almal één masjien.  Een masjien met baie persoonlikhede aanmekaar gekoppel.  Één masjien wat  groot goed kan vermag wat lank  kan wapper en resoneer met ‘n klankbaan wat die wêreld so klein bietjie beter plek maak.

 {YouTube}ZcfMeC4QdUo {/youtube}

Riku Lätti in die media

powered by social2s

2023 - SA film The Voice Behind the Wall wins Cannes award for best African film

2023 - Omstrede prent oor Afrikaanse musiek wen Cannes Film prys

2020 - Riku se ope brief aan 2020

2019 - Die Wasgoedlyn haal Toorgoed uit - Charles Smith op Netwerk24

2013 - Victor S. Wolf kom weg met moord op Riku Lätti - Henry Cloete

2013 - Abraham, Jans Rautenbach film : Die hel van 'n dromer

2001 - Litnet oor Riku Lätti: “Dis tyd vir ’n nuwe musiekbeweging!”

Copyright © 2025 Riku Lätti's Official Website. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU General Public License.