luister: download/stream: Jolyn Phillips op Die Wasgoedlyn

As daar dan nou ooit 'n geval was waar woorde kruip wat water nie kan loop nie, dan is dit Jolyn Phillips wat 'n stem so sterk het dat dit betekenis op ons kultuurlandskap inprent.

Op die liedere wat Jolyn sing, speel sy self die kitaar.  Op die stukke waar sy gedigte in haar praatstem verwoord, is Riku Lätti verantwoordelik vir musiek vir die agtergrond