luister, download/stream:  Onplaats - Andries Bezuidenhout 

Onplaats” is Andries Bezuidenhout se derde solo album en is in April 2020 deur Die Wasgoedlyn vrygestel. Dit bevat twaalf oorspronklike komposisies, waarvan die lirieke en musiek deur Andries geskryf is, buiten “Tussen Platvoet en Stoompomp”, waarvan die melodie deur Herman van Veen gekomponeer is. Die album word aan die ou en nuwe Gereformeerde Blues Band opgedra, deels as dankbetuiging teenoor Riku Lätti en Willem Möller, wat elk ʼn belangrike rol gespeel het met die produksie van die album. Riku het gehelp met verwerkings en besluite oor musikante om op van die tracks te speel en Willem Möller het die finale meng en meester van die album behartig.