Kroesifaaid kuns deur Tinus Horn
Kroesifaaid kuns deur Tinus Horn

Koos Kombuis oor Churchil: “My gunsteling-rap-ster is ’n nuwe kalant van Mitchells Plain met die naam Churchil Naudé (met een “l” om hom van Winston Churchill te onderskei).  Hierdie ou kan nog groot gaan in ons taal se musiek; groter as Jack Parow, so groot soos Tafelberg.”

Churchil beplan om Afrikaans verder te vat as wat dit tot dusver kon gaan om dit ‘cool’ te maak, om ook stem te gee aan veral mense van die Kaapse vlakte. “Ek wil jong laaties wys dat ons nie die Amerikaners hoef na te boots nie want ons het ons eie stories om te vertel.”

Churchil Naude, nederige vader en skrynwerker van Mitchell’s Plain, gaan nog groot wees, soos Koos Kombuis gesê het.  “Dis net ‘n kwessie van tyd”, om Churchil se eie woorde te gebruik.

Die Media oor Churchil Naude: Henry Cloete op Litnet:

litnet.co.za/churchil-naude-hoe-skei-mens-jou-vel-van-jou-gesig/

Koos Kombuis op Netwerk24:

netwerk24.com/KoosKombuis/die-jj-cale-van-afrikaanse-kletsrym