Riku Lätti's first Afrikaans album 1999

The album won the GMT Award for Best Alternative Afrikaans Album

to listen to the album: 'n Pleister vir my Nerwe

From Roekeloos.co.za:  Riku Latti is ‘n nuwe gesig en stem op die Afrikaanse musiekfront. ‘n Pleister vir my Nerwe is Riku se opspraakwekkende debuut dubbel-cd. (Die tweede cd van hierdie dubbel-album is getiteld Woknakwyg). ‘n Pleister vir my Nerwe (die hoof-cd) bestaan uit 14 snitte van energieke Afrikaanse pop/rock. Riku se musiek begin waar die sogenaamde “alternatiewe” Afrikaners nooit uitgekom het nie. Al die musiek op hierdie album is deur Riku self gekomponeer en uitgevoer. Sy klank is vars, eiesoortig en modern – popmusiek soos ‘n mens dit maar min in Afrikaans hoor! “Ek het doelbewus van soveel moontlik musiekstyle gebruik gemaak op die cd, want ek wil vir die res van my lewe musiek maak, en ek wil nie my luisteraars verloor as ek die dag iets nuuts probeer nie”.

Hy word op hierdie album bygestaan deur gevestigde musikante soos Max Mikula (kitaar), Brandan Ou Tim (baskitaar) en Peter Auret (dromme). Riku beskou Beck en Sting as twee van sy grootste guru’s.

Woknakwyf! (cd 2), is ‘n instrumentele en elektroniese reistog. Dit is uiters eksperimenteel en selfs avant-garde en bestaan uit baie lang atmosferiese instrumentale stukke.

Kritici het die volgende te sê oor Pleister vir my Nerwe:
“Vir ‘n verandering gebeur daar iets vars op die alternatiewe Afrikaanse front.” Angola Badprop, JIP.
“Riku Latti’s ‘n Pleister vir my Nerwe does what Afrikaans music needed for some time: it creates a place in the genre for unity between the old and new, the traditional and the avant-garde, with songs that will appeal to both the new school of alternatiewe Afrikaners and old guard of taalvegters. Riku’s music is unashamedly Pop: excellent musicianship and sensitive, thoughtful, often funny lyrics.” Intervention Arts.
“Die produksiegehalte van albei cd’s is baie goed en die verwerkings uitstekend. Daar is geen ander musiek in Afrikaans wat so klink nie. Dit sal ‘n mens nie verbaas as Riku Latti met dié cd Afrikaanse musiekprinse soos Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis en Valiant Swart van hul trone afskop nie.” Theunis Engelbrecht, De Kat.
“‘n Pleister vir my Nerwe is an important album, one which sets standards and shifts parameters. It’s a work that most of Riku’s peers will have great difficulty in surpassing, or even, I suspect, in matching”. Paul Drosdzol, SA Rock Digest.
“He’s weird, but is an original weirdo – which is why you should invest in his, this self-funded music. It will blow your mind”. Eugene Goddard, The Citizen

 

Featuring musicians Peter Auret, Max Mikula, Brendan Ou Tim, Bob BiggensHendrik Coetzee 

  1. Sterre
  2. Rooirok
  3. Pakpoort
  4. Onder my asem
  5. Jas
  6. Vyand van die staat
  7. Struikel
  8. Waar is jy
  9. Max's Moment
  10. Agter my rug
  11. Laughing
  12. Die Drama in die Valley
  13. Valley
  14. Verander