Hulle sal sê jy’t geheime

Hulle sal sê jy’s gewond

Hulle sal praat oor hoe stukkend jy was

Dat jou mond hang op die grond

 

Hulle verkondig jou sondes

Hulle verlustig jou leed

Maar wat hulle so gretig vergeet

Om te lewe moet jy eet

 

Kom saam met my hier verby

Ons kan ons eie stories skryf

Kom ons raak oud in ons eie woud

Ek vra jou kom saam met my

 

Mense kyk neer as jy struikel

Want kyk daar lê ‘n mens op die grond

Ek wil daar wees as jy opstaan

Ek wil sien hoe word jy gesond

 

Ek het al baie paaie gestap

Ek het die wêreld gesien

En deur die venster agter jou oë

Het ek jou daar opgespoor

 

Daar’s niks meer oor om te sê nie

Daar is niks om voor te vra nie

Niks anders wat ek wil hê nie

Jy kan dit alles maar laat staan

 

Die somer gee wat in die winter vergaan

Die seisoene gaan altyd aan

En tussen alles moet ons ook bestaan

Kom ons doen dit alles saam

 

Hulle verklap jou geheime

Hulle laat jou sondes leef

Maar die vraag wat jy jouself moet vra

Is dit vir hulle wat jy leef?