vat my na ‘n paradys
ver weg van die stad se grys
met bome, strome wildste drome waar

alles wat jou hart begeer 
steeds kry jy dit meer en meer
tekens dat jy is waar jy moet wees

miskien is dit wat lewe is
‘n beurt om aan die gang te wees
altyd amper elders is jou rus 

sit jy met ‘n kop vol vrae
wie of wat is alles daar
hoe weet jy of jy is waar jy moet wees

op die ou end is ons lewende sonskyn
geseën met ‘n oomblik in die wind

skielik maak die wêreld sin
alles pas daar binne in
wie is ons en wat ons is
word deur onsself beslis

wat jy doen word wat jy raak
loop saam met jou soos goed en kwaad
Jou lewe is net wat jy daarvan maak

en almal weet wat liefde is
sodra dit by die deur uit wals
op die ou ende die kosbaarste van alles

as mense jou wil kom vertel
wat om met jou tyd te maak
vind liewer daardie antwoord op jou eie

op die ou end is ons lewende sonskyn
geseën met ‘n oomblik in die wind