Ek het jou benader

Op jou seepkis, op jou boeg

Jy het my verower

Maar ek moes vir jou swoeg

 

Wie was jy toe ek jou kry

Met jou wêreld op sy plek

Wonder jy wat ons sou maak

Het jou weerstand my getraak

 

Jy is my swak punt - groot begeerte

Lei my na jou - groot begeerte

Wys my wie's jy - groot begeerte

 

Ek het jou verafgod

In ons kamer op ons bed

Jy het my verower

Ek dag ek sê maar net

 

Onder jou asem - onder jou wese is ek

Onder jou asem - onder jou wese word ek

Onder jou asem - onder jou wese is ek

Onder jou asem - onder jou wese word ek

 

Lank was ons tesame

Lank was ons alleen

Jy en ek en ek en jy

Ek dink aan ons aaneen

 

Ek het jou benader

Op jou seepkis, op jou boeg

Wonder jy wat ons sou maak

Het jou weerstand my getraak