Heel nag lank elke aand

op’aai plaas van my

Aan die brand, elke aand

op’aai plaas van my  

 

Dans daai lyf wild en wakker

op’aai plaas van my

sy’t niks om oor te treur nie dit maak nie wind of weer nie

solank sy oppie plaas kan bly

 

Sy’s ‘n dame van die Weste

en sy wandel in die wind

sy hou van om te wonder

en te swewe soos ‘n kind

 

maar soms kry sy bevlieging dan verander sy in Jane

wat swem daar in die brandewyn

 

ek kom da uit die suburbs

en trek toe na die plaas

en dit was mos die licence 

om heel nag lank te raas

 

en môre as die koeie met die eerste sonlig kom

dan draai ek maar die plaat weer om

 

soms het jy die stilte nodig, soms soek jy die horison

somstyds word jy klein en verdwaal daar in jou eie brein

somtyds is jy siel, somtyds is jy wat ook al

maar heeltyd sal die sterre skyn

 

Heel nag lank elke aand

op’aai plaas van my

Aan die brand, elke aand

op daai plaas van my  

 

Dans daai lyf wild en lekker

op’aai plaas van my

Daar’s niks wat haar sal keer’ie, nie die wind of weer nie

solank sy oppie plaas kan bly

 

soms raak ek alleen en dan steek ek ‘n partytjie aan

Dan stroom hul almal in

en hul sit daar in die binnekring

gedagtes en ou drome, 

visioene wat ook binnedring

en so word ons ‘n leërskare

 

heel nag lank elke aand

 

jy kan kies as jy wil om te dans tot die hane kraai

tot die woorde in die wind jou wegwaai

terwyl die aarde draai

 

elke aand is ‘n aand ‘n geleentheid waarop jy kan staat maak

die sterre sal weer skyn