from the album: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom

Dit reën in my kop alweer
o weë, vat my weg na die see
ver heen waar dit sonskyn reën
o son, soos ‘n jas om my vee

ek het gestaar in die donderweer
my lyf het gehang in die wind
sou my voete ooit eendag weer aarde vind
het ek dan al die raaisel voltooi?

ek wou dat geen ding my keer
ek weet ek sal val waar ek moet
soms sal my paadjie my byster raak
of soms breek die duister my spoed

ek’s vasgenael in die bliksemstraal
ek voel die hael ondervoet
as die windwolwe huil en die storms voortwoed
het ek eendag die raaisel voltooi

jy sê jy weet
maar ek dink jy’t al lank vergeet
jy sou so voel
as jy weet wat my hart bedoel

hier kom die lewe aan
en wie weet waar alles heen gaan?
hier kom die lewe aan
en van alles wat is kies sy my

ek het beland aan die ander kant
ek het gesweef in die wind
maar as voete ooit weer eendag die aarde vind
het ek lankal die raaisel verslind

jy sê jy weet
maar ek dink jy’t al lank vergeet
jy sou so voel
as jy weet wat jou hart bedoel

hier kom die lewe aan
en wie weet waar alles heen gaan?
hier kom die lewe aan
en van alles wat is kies sy my

Dit reën in my kop alweer
o weë, vat my weg na die see