Daar’s ‘n skilpad in my hangmat

Uitgestrek in die oggendson

Ek sien die skilpad in my hangmat

En ek wonder hoe’t hy daar gekom

 

Sê my, skilpad in my hangmat

Hoe op aarde het jy opgeklim

Met jou kort beentjies, net soos ‘n eendjie

Al die pad tot bo geklim

 

Ek’s die skilpad in jou hangmat

En ek lê net waar ek wil

Met my verbeelding en breinkrag

Kan ek vermag net wat ek wil

 

Daar’s ‘n seeleeu in my roeiboot

Wat lê in die son en bak

Ek sien die seeleeu in my roeiboot

En ek wonder hoe’t hy daar beland

 

Sê my, seeleeu in my roeiboot

Hoe op aarde het jy ingeklim

Met jou kort arms sonder hande

Tot binne in my boot geklim

 

Ek’s die seeleeu in jou roeiboot

En ek lê net waar ek wil

Met my verbeelding en breinkrag

Kan ek vermag net wat ek wil

 

Soos ‘n seeleeu sonder hande

En ‘n skilpad wat kan klim

Kan jy vermag met jou verbeelding

Net wat ook al jy wil doen

 

Ek’s die seeleeu in jou roeiboot

En ek lê net waar ek wil

Met my verbeelding en breinkrag

Kan ek vermag net wat ek wil

 

Ek’s die skilpad in jou hangmat

En ek lê net waar ek wil

Met my verbeelding en breinkrag

Kan ek vermag net wat ek wil