Ek's bly jy's bevry 
nou kan jy en jou pêlle in groot kar ry
kyk na my
ry verby
lyk bevry 
 
Als goed in jou neighbourhood
met jou 16-kamer woning
is nou in jou bloed
eet vrek goed
drink sterk goed
Robin Hood se voet
 
in jou suit
wonder hoe jy jou Comrades groet
 
Groot land elke aand
jy stig 'n nuwe moontheid sommer maand na maand
vroulief klaend
loop afdraend
nooit verwaand
 
Dis puik bo in jou kajuit
belasting vir jou Beamer
want jou subjects kyk
jy eet uit
lekker ruik
wie word gefnuik
 
in jou suit
wonder hoe jy jou Comrades groet
 
Ek sien jy verdien in jou kapasiteit 
meer as Vladimir Poetin
Rasputin
Onthou Stalin?
vergeet miskien
 
Waar's jy as die kinders ly
spit 'n goue graaf voor 'n ooggety
jy bly by
smile vir my
jou lof gekry
 
in jou suit
wonder hoe jy jou Comrades groet