Neem my saam na die sterre

ek wil weet wat daar is

Neem my saam in die verre

ek wil gaan waar jy gaan

 

elke aand staar ek

kyk ek na die hemel

kyk ek na die liggies wat flikker

 

wie kan sê hoe ver

elke ster van ons is

hoe lank sal dit vat voor ons daar is

 

as jy gaan vat my saam

in die ruimte in ‘n vuurpyl

want ek weet 

dis waar ek eintlik moet wees

 

in die hemel

tussen sterre en planete

in die hemelruim

dis die huis vir my

in die hemel

konstelasies en komete

in die hemelruim

dit is die huis vir my

 

Neem my saam

na die sterre

op ‘n reis deur die hemel

 

vat my saam

in die verre 

laat ek ook gaan waar dit is

 

as jy gaan vat my saam

moenie my hier los nie

ek weet 

dis waar ek eintlik moet wees

 

in die hemel

tussen sterre en planete

in die hemelruim

dis die huis vir my

in die hemel

konstelasies en komete

in die hemelruim

dit is die huis vir my

 

dis die hemel

dit is sterre en planete

dis die hemelruim

selfs die aarde is 

in die hemelruim

 

Ek wil swem in die golwe

sien die vis en seesterre

kan baljaar met dolfyne

in koraal met meerminne

 

elke dag staar ek

kyk ek na die water

wonder wat ek alles sal teëkom

hiert jou seekat waarvoor al die pote 

om onder water te hardloop

 

as jy gaan vat my saam

moenie my hier los nie

want ek weet die see is eintlik maar net

 

dis die hemel vir die lewe onder water

dis die hemelruim 

vir ‘n seeperd, snoek en walvis

 

dis die hemel vir die lewe onder water

dis die hemelruim 

dis ‘n jellyvis se skatkis

 

dis die hemel, 

ja die see is watermater

vir als wat swem

vir ons asems

vir selfs die land is sy die hemel

tussen sterre en planete

dis die hemelruim

dis die huis vir my