Toe Skilpad eens van Haas wou weet

Waar kom die wêreld vandaan

Het Haas gesnol die verte in

Om die begin te vind

 

As Krimpvark sy familie vra

Sal ouma al haar stories praat

Sonder dat mens kan verstaan

 

As ‘n dier tog net wil uitlê

Waarom hierdie aarde bestaan

As die planete in ‘n lyn lê

En die maan sy baan voltooi

 

As al die sterre stukkend val

Het ons darem nog die maan

As al die sterre stukkend val

Het ons darem nog die maan

 

Toe Koning Leeu sy wyfie vra

Waar kom ‘n seeleeu vandaan

Het sy gesê “dit weet ek nie”

Maar ek tap gou jou bad

 

As al die wolke net wil uitlê

Hoe hulle weet waar om te reën

As al die plante almal blom kry

Hoe weet hul wie kry watter een?

 

As al die sterre stukkend val

Het ons darem nog die maan

As al die sterre stukkend val

Het ons darem nog die maan