Tyd, tyd is ‘n ewigheid

so stadig, so gou verby

maar tyd is tussen ons

in jou en my

ingegrond

 

leef vir die dag net om jou weer te sien

dit voel al soos jare of is dit al tien

Gabriel die maestro speel Batman al soos ‘n king

 

bly heeltyd besig met alles en niks

wonder de donder wat kan dit nou fieks

intussen kyk ons na jou foto’s kliek vir kliek

 

As die son opkom

plant ek ‘n blom

vir jou my kind

jou kind se kind

 

behoede jou

bewaar jou siel

beskerm jou

jou sonnestraal

 

Tyd kom naderby

maar nie verby

voor ek jou sien

Hi

ek hoor dit gaan goed en ek sien jy presteer

en ek volg al jou stories impressed hoe jy leer

jou glinster en glimlag gaan al die liefde dief

 

eendag is eendag dan is ons weer los

dan stap ons in strome en diep in die bos

dan klim ons weer berge en kyk ver oor die see

 

As die son opkom

plant ek ‘n blom

vir jou my kind

jou kind se kind

 

behoede jou

bewaar jou siel

beskerm jou

ons is lief vir jou 

 

Luna Li, hartedief, Luna Lief

Sonnestraal 

ons mis jou hier Luna Li