(gedig: Henning J. Pieterse / musiek: Riku Lätti)

’n Tam maan hang van boom tot boom.
Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf.
Jou mond soek klanke, verweef in 'n droom,
as ek om jou vou in ’n vreemde lyf.
 
Vinke sketter die oggend geel
voor die son, dra jou drome weg 
na takke, om swewende neste te vleg.
Ek wens die voëls wil ophou neul,
 
sê jy en draai jou weg van my.
Vinke spartel om hul tydelike verblyf.
As jy dit wil, sal die voëls stilbly.
Ek sien 'n maan in die dag wegdryf.
 
Later sal jy by iemand anders lê, ’n vink
hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink.
 
’n Tam maan hang van boom tot boom.
Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf.
Later sal jy by iemand anders lê, ’n vink
hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink.

Aubade ii begin by 3 minute 16 sekondes in hierdie video: