from album: Aan't Sterre Tel

Deesdae is mense skaarser op straat jy sit langs jou skadu soms as jy slaap
Deesdae is winkels groter vermaak spandeer al jou rande om vriende te maak

So het ek my liefde verlaat agter die son my oë was toe dom ja
So het ek my liefde verloor diep in die wolke met trane vermom

Soms as jy omdraai soms as jy terug staan sien jy mense wat dink hulle's jy

So het ek my liefde verloor agter die son my oë was toe dom ja
So het ek my liefde verloor diep in die wolke met trane vermom

Deesdae moet mens versigtiger praat jy sê al jou dinge en iemand raak kwaad
Deesdae moet jy jou kind vroeër verloor jy stap deur jou jare en oumens bly oor, bly oor