jy kom op vir ‘n bietjie asem

lig jou kop uit die waansin

skroef jou vlerke af 

en trek jou jas aan

soek ‘n plek om heen te gaan

 

jy’s so vreedsaam

want jy’s eensaam

net jy en jou skaduwee saam

en eendag is eendag

sal jy dit dalk nog uit waag

 

trap versigtig

‘n trapsuutjie

kyk rond vir nog ‘n bietjie

transformeer in ‘n oogwink

word deur die lig verblind

 

jy’s so vreedsaam

want jy’s eensaam

net jy en jou skadu loop saam

geselskap geen spraak van

jou gedagtes en jy verkeer saam

 

nou’s jy die son

dan’s jy ‘n sirkus

nou’t jy gesterf

en ons hou kersfees

nou’s jy die klok

en dan die stilte

nou’s jy die cool 

wat deur die kerk is 

 

‘n monoloog met jou gedagtes

op soek na die verdagte

 

jy’s so vreedsaam

want jy’s eensaam

net jy en jou skaduwee saam

vir ewig en altyd

jou gewete en jy verteer saam

 

nou’s jy die vis

en dan die vaatjie

nou’s jy skoon 

‘n nuwe blaadjie

nou’s jy die galg

en dan die houtjie

stille waters diepe grond

en onder draai die duiwel rond

 

nou’s jy die son

dan’s jy ‘n sirkus

nou’t jy gesterf

en ons hou kersfees

nou’s jy die klok

en dan die stilte

nou’s jy die cool 

wat deur die kerk is 

nou’s jy die vis

en dan die vaatjie

nou’s jy skoon 

‘n nuwe blaadjie

nou’s jy die galg

en dan die houtjie

stille waters diepe grond

en onder draai die duiwel rond