Die Einde deur Die Kaappunters
Die Einde deur Die Kaappunters

luister/download: Die Einde

Ek word wakker kry ‘n koffie
Ek moes geweet het iets loop skeef
Vir dae al val die reën neer die dorp verspoel al
Die katte kerm by die deur

Die antichris praat op die TV
hy’t ‘n  see van mensevoorkoppe gemerk 
al sê die Bybel dat die dier hul sou verlei
kon hul hom glad net nie herken nie

Al die krete om aanvaarding
word in die Heer se naam verwerp

Ek stuur ‘n boodskap uit na almal wat ek ken
dis al weer apokolips en jy moet sink of swem
jou storie ken

Einde, dit is die einde
Dis die einde van ons tyd
So teen Junie of teen Mei

Einde, dit is die einde
dit was lekker maar dis verby
fluit-fluit die storie’s uit

Ek gaan sit daar by  die kaggel 
Ek wil my laaste dae geniet
en ek maak my beste wyn oop
dit haal asem ek sluk diep

Openbaring se vier ruiters
loop reeds los op die planeet
Pestilensie kom van Sjina
Poetin se oorlog duur nog voort

‘n pastoor toor ‘n volk dat hul hulself vermoor 
deur net nooit weer iets te eet nie 

Ek stuur ‘n boodskap uit na almal wat ek ken
dis al weer apokolips en jy moet sing of swem
jou storie ken

Einde, dit is die einde
Dis die einde van ons tyd
So teen Junie of teen Mei

Einde, dit is die einde
dit was lekker maar dis verby
fluit-fluit die storie’s uit

ek sien die einde’s nog nie hier nie
ek gaan kry maar nog ‘n koffie