Die son, die son

jy maak alles blom

selfs 'n winter by die see

sal jy 'n straal verleën

 

andersoms bly als maar fokken dom

hul kan skree soos wat hul wil

jy bly die grootste spil

 

Glo vir my 

ek wil altyd in jou bly

ek wil in jou velde wei

my sondes kom bely

 

Ek soek al jare lank na antwoorde op als

ek het klippe omgerol

skerpioene weg laat hol

 

toe skrik ek wakker en ek vind my by die see

die son se strale lek aan als wat aarde het

 

niks is onnodig nie

niks is oorbodig nie

ons raak verstrengel in die net

wat ons lewens red

 

kyk op dan sien jy my

dryf op 'n wolk verby

klim op hier's die leer

jy's in beheer