G D/F# Em C

Dis tyd dat jou kinders wat trou is maar vra wat beteken die vlag van ou suid Afrika

G D/F# Em C D 

Hulle weet dis die merk van die Nasionalis van die blank über alles, die wit supremis

D C G x2

van geslag tot geslag issie mense verag hulle land ingepag en koppe verkrag

Em Am D G C G/B Am D

'n nazi se kenmerk op Afrika grond van 'n volk wat nog hunker na gister se stront

Em D7 G Am4 G/B C D

Die blou van die blank in oranje grond Dis die kleed met klad van die skaam van Suid-Afrika

Ons lê nou die wapens neer 

Kom lê nou die wapens neer

 

Uit die blou van Khayelitsha en die pyn van Mitchell’s Plain

tot die room van Waterkloof word noodkrete uitgedoof 

in die rookwolk oor Tembisa, in die sinkshack in Nyanga

kyk almal op die  TV, hoe word ryk mense beroof

In die stofpad in Promosa, ‘n shebeen in Ikageng

hoop kinders op ‘n lewe wat hul nimmer nooit sal ken

so kom nou met jou ou vlag en waai dit voor sy neus

vertel my hoe’s jou vrede of lewe jy in vrees 

 

ons almal deel in swaarkry ons almal hier het pyn

kom ons wees mekaar genadig sonder haat sonder venyn

ons almal hier is mense in hierdie tyd en hierdie plek

en dit is in onse hande om ons tafel hier te dek

kom ons deel ons oorvol spense

kom ons maak ‘n beter plek, 

kom ons gee ons beste wense

en vermorsel hierdie grense

 

Ons lê nou die wapens neer

Kom lê nou die wapens neer