Toe Janneman sy hoed laat val

In die middel van die groot oerwoud

Het aapgesig, een twee drie, dit opgetel

 

Almal op ‘n tak daarbo

Het die ape op mekaar geskel

Die een wou weet van die ander se gevreet

Wat hul almal van mekaar wou weet

 

Wat maak mens met ‘n ding soos die

Wat maak mens met ‘n ding soos die

Wat maak mens vra die ape aan mekaar

Dit sal my hart bly maak

Om ook maar net te weet

My vriend ek vra jou mooi wat maak ‘n mens

Met die

 

As daar iets is wat my pla

Sê die krimpvark aan haar ma

Wat maak die apie op die stokkie

En die horings op die bokkie

En ‘n slang met ‘n sokkie of drie

 

Toe ratelslang se vel afval

Op die blare van die woud se vloer

Het hy omgedraai, op sy vel geskel

En die vraag aan die bos gestel

 

Wat maak mens met ‘n ding soos die

Wat maak mens met ‘n ding soos die

Wat maak mens vra die diere aan mekaar

Dit sal my hart bly maak

As ek maar net kon weet

My vriend ek vra jou mooi wat maak ‘n mens

Met die