As jy jou oë toemaak

En jy raak aan die slaap

Wat sal jy sien?

Waar gaan jy heen?

En jy kom aan

In Droomland

Wat sal jy sien?

Wat’s om jou heen?

 

Hoor jy ‘n brulpadda

Wat in sy poel baljaar

Of dalk ‘n skaap

Wat vir jou gaap

Miskien ‘n koei

Wat bulk en loei

Of dalk jou ma

Wat jou kom haal

 

Hoog bo die son

Ver oor die see

In ‘n ander land

Op ‘n vreemde planeet

Dryf op die wolke

Bons oor die maan

Waar loop jy rond

In Droomland

 

Elke aand as jy gaan slaap

Kom daar ‘n droomboot aan

Waarop jy seil

Die verte in

En al jou maats

Kom aangeskaats

Met roomyse

Vol jellytots

 

As jy jou oë toemaak

En jy raak aan die slaap

Wat sal jy sien

Waar gaan jy heen

En jy kom aan in Droomland

Wat sal jy sien

Wat’s om jou heen

Kom speel vanaand

In Droomland

Maak jou tuis

In Droomland