Op die dag van sy bevryding

het die vreugdevuur gebrand

daar was blydskap in die mense

in die hart van hierdie land

 

dit het gewemel in die strate

selfs die gryses het gesê

hulle is bly dat hulle kinders

ook nou vryheid sal kan hê

  

met die jare wat verloop het

het die glimlagte verstryk

en al die vreugdesvure 

het na rubber begin ruik

 

jy trou miskien vir jare

maar die bruilof duur ‘n dag

en dan werk jy weer    van voor af

om geluk hier op te bou

Met monsters in die mure

wat die haat gekoester hou

Oh no

 

Die duiwel lê daar in die detail

sy hand nog op die Bybel

waarmee hy jou kom label

nie jy nie, jy hoef dit nie te glo nie

sê dit is nie so nie

vertrou jou eie oë nie?

 

maar eendag kom die waarheid

op sy perd hier aangery

en almal wat gepreek het

moet in stilte gaan bely

want ons wil jul nie meer hoor nie

al die haat moet nou verby

 

want ons wil ‘n land van voorspoed

waar almal in kan bly

en dit is in ons se hande

om ons koppe te bevry

 

sê jy

 

vryheid, voorspoed en gelykheid

lei tot goed soos blyheid, liefde en geluk

vrede rym so goed met lewe

altyd in die hede

vir ‘n kort besoek

 

Die duiwel lê daar in die detail

sy hand nog op die Bybel

waarmee hy jou kom label

nie jy nie, jy hoef dit nie te glo nie

sê dit is nie so nie

vertrou jou eie oë nie?