Ek en my krokodil, ons stap die wêreld in, op soek na 'n meisie soos jy

om aan te byt, om in te sluk, om te verteer tot jy een is met my

waar sal ons so mens kry

 

Ek en my krokodil, ons twee gaan waar ons wil, op reis na 'n vleisie soos jy

om aan te byt, om in te sluk, om te verteer tot jy een is met my

waar sal mens so iets kry

 

Niks kan my keer nie, 

g'n wind of weer, g'n meneer, g'n geweer of geen leër

Jou soek ek altyd die lot beval my ek staar in die verte alweer

 

Ek en my krokodil kom van 'n paradys om ons se tande te wys

om iets te byt, om in te sluk, om te verteer tot dit een is met my

waar sal mens so iets kry