As die wind in die aandlig waai

Wanneer die voëls in die takke swaai

Wanneer die son al onder is

En al die dag se diere groet die aand se rus

Die dag is klaar 

Gaan huis toe

 

Wanneer die donker die lig opvreet

Wanneer die paddas in kore kwaak

En die uile hul oë oopmaak

Spinnekop pas sop jou web word windverwaai

Die aarde draai die nag oop

 

Koor:

Oe, elke dier het sy dag

Die uile huil in die nag

En slaap in die dag

Oe, elke dier het sy dag

Die krieke kraak in die nag

Met die uile wat jag

 

Wanneer die lig in die huis afgaan

En die bure hul oë toemaak

Wanneer die son al onder is

En al die dag se mense groet die aand terug

Die dag is klaar

Gaan slaap nou

 

As die sterre die aand vol blink

En die rot in die nag rinkink

As die jakkals jou oor vol tjank

Ratelsang wees bang die uil is aan die gang

Die aarde draai die dag toe

 

Herhaal Koor

 

Slaap sag, elke dier het sy dag….