Kan jy, kan jy jou geluktjekkie kom incash

of is die koeksusters vir na jou doop

Jy werk jou morsdood vir net 'n paar ou sente

maar ten minste lewe jy

 

Jy maak 'n plan om 'n lewensdraad te span

jy maak dit op, jy maak dit op, jy maak dit op 

wie sal ons sê staan nou daar voor jou deur 

jy maak dit oop, jy maak dit oop, jy maak dit oop

 

en voor jy sien dan raak dinge esoteries

jy stap weg om net jouself te vind

jy raak 'n kind in 'n woud en toe verstaan jy

toe haar stem tipies jou ore vind

 

hoop daai boom is oukei, sê sy

hoop daai boom is oukei, 

dan kan ons twee mos daar onder bly

 

Frazer: 

Ons gaan daar onder bly meisiekind, so vanaand

trap dit diep, trap dit diep

maak seker dat jy tiep eers wanneer jy jou tentjie opslaan

so bly in vadersnaam in die buitebaan

anders is jy voorbladnuus, internasionale k'rant

Ja, natuurlik mag jy ‘n sewe kap

Lekker windgat gee jy gas

Jou wiele wapper maspale want dis vas

Vanaand langs daai vuur ek weet jou bek water vir daai eerste koue bier

 

jy voel gerat om ‘n lewenspad te vat

jy pak haar in want sy's 'n oulike ding

En jul voel goed met 'n bruising in die bloed

hand op die been, kom wind of reën sy is die een

 

Dan val die reën met die donker van die nag 

die pad is glad die voëltjies bad en jul laat spat

Jy mis ‘n draai om vir 'n skilpad uit te swaai

die donker kom die enjin brom en jul kap om

 

hoop daai boom is oukei, sê sy

hoop daai boom is oukei, 

dan kan ons twee mos daar onder bly