Gun my net die oomblik
Daar’s iets wat ek wou sê
Ek voel jou lewe
Soos jy in my arms lê
Ek stuur my lyf op reise heen
Van waar ek nie kan terug nie
Ek’s van daai kans ontneem
Elke nuwe oomblik ’n nuwe dag gebreek
Ek stuur my lyf op reise heen
Van waar ek nie kan terug nie
Ek’s van daai mens vervreem

Hoofstroom
Verbode rivier
Word meer as ’n mens
’n Heilige dier
Leen my net die leeftyd
Daar’s nog iets wat ek wou hê
Ek voel jou bewe
Soos ek in jou arms lê
Ek stuur my lyf op reise heen
Van waar ek nie kan terug nie
Ek’s van daai kans ontneem
Elke nuwe oomblik ’n nuwe dag gebreek
Ek stuur my lyf op reise heen
Van waar ek nie kan terug nie
Ek’s van daai mens vervreem

Hoofstroom
Verbode rivier
Word meer as ’n mens
’n Heilige dier

Akoesties Video

Elektries Video

Live at home Video