Soms is jy soms soos ‘n ballon 

op pad na die son 

jy styg op en jy’s lig en jy’s bly

en selfs die winde spoor jou aan

om nuwe hoogte te kry 

om vrylik rond te gly

sonder ‘n sorg op die grond

dryf jy in die lug rond

 

hier kom die son

kom die son

kom die sonneskyn

en jy blom en jy blom 

soos die blom in my

hier kom die son

kom die son

hier volg die sonneskyn

en jy’s vry

en jy’s bly 

en jy gly verby

 

hoekom moet alles wat blom

dan ook ‘n einde kry

jy sê ‘n blom word ‘n vrug

en val in die aarde terug

en die vrug word ‘n boom 

en kry weer ‘n blom van voor

dis waarom alles wat eindig 

ook maar ‘n blom kan kry

 

hier kom die son

kom die son

kom die sonneskyn

en jy blom en jy blom 

soos die blom in my

hier kom die son

kom die son

hier volg die sonneskyn

en jy’s vry

en jy’s bly 

en jy gly verby

 

Soms voel jy so swaar 

en vind die lewe naar

maar dit gaan ook verby

voor jy jou weer kan kry

en jy verdwyn soos flits

van die weerligstraal se blits

iewers weg gewaai

soos ‘n vlinder aan niks verbind

 

Soms is jy die ballon op pad na die son

Soms is jy die son op pad na die sonneblom