In die stad waar die mense jaag

Het ek Uil op ‘n dak gewaar

Hy het geloer of die muise slaap

Toe ek wou weet wat hy daar bo maak

 

Oupa Uil op my bure se dak

wat maak jy daar in die middel van die nag?

Oupa Uil wat hoe-hoe maak

wat maak ‘n uil in die middel van die stad?

 

Jy sal my nie glo as ek sê

wat al die diere met my liefste oerwoud maak nie

 

In die woud is ek uitgebroei

In die woud het ek my vere gegroei

Maar die oerwoud word nou uitgeroei

en nou bly ek in die stad, ou Louis

 

Oupa Uil op my bure se dak

hoe lyk die wêreld van jou kant af

O, van hier kan ek baie ver sien

veral met twee baie groot oop oë

 

Oupa uil sien jy paashase

sien jy dalk waar die tandfee skuil

O, van hier sien ek oral stad

die feë bly almal in die groot oerwoud

 

Jy sal my nie glo as ek sê nie

wat al die mense met my liefste oerwoud maak

 

In die woud is ek uitgebroei

In die woud het ek my vere gegroei

Maar die woud word nou uitgeroei

en nou bly ek in die stad, ou Louis

 

 

In die woud kan ek heel dag slaap

In die woud met almal praat

In die woud kan ek grappe maak

Sonder mense om my weg te jaag

 

In die woud is ek uitgebroei

In die woud het ek my vere gegroei

Maar die woud word nou uitgeroei

en nou bly ek in die stad, ou Louis

 

In die woud kan ek heel dag slaap

In die woud met almal praat

In die woud kan ek grappe maak

Sonder mense om my weg te jaag