Diep diep daar binne in die wildste bos

Versamel die diere hulle gunstelingkos

En wat eet die diere as jy sou moes raai

Wel hul eet stoute kinders sê die ou papegaai

 

Daar eendag daar buite in die wildste bos

Loop daar ‘n seuntjie deur sy ouers gelos

Hy was te gevaarlik om te bly by die huis

Hy het selfs vir ouma sy lang tande gewys

 

Hy was die stoutste kind – wat jy op aarde kon vind

Hy het amok gemaak – altyd die bure gepla

Sy naam is Janneman – en hy het slange gevang

O, Janneman – hy het die land in sy hand

 

Daar eendag daar buite in die wildste bos

Vergader die diere van die oerwoud toe saam

Elkeen ‘n storie wat ‘n ouer sou skaam

Oor ‘n bose klein seuntjie vir alles te blaam

 

Hy het Krokodil aan sy tande gebind

Hom geskiet soos ‘n kettie vlieg klein Krimpvark

tot teen die nek van Kameelperd met ‘n tak in sy bek

en so is die vrede van die oerwoud geskend

 

Hy was die stoutste kind – wat jy op aarde kon vind

Hy het amok gemaak – altyd die bure gepla

Sy naam is Janneman – en hy het slange gevang

O, Janneman – hy het die wêreld laat praat

 

Staan op Janneman – laat ons sien wie jy is

Janneman –het al die slange gesis

O, Janneman – pronk die poue kordaat

Janneman – so het die bure gepraat

 

Toe doe doe doe – laat ons sien wie jy is

Toe doe doe doe – Janneman

Toe doe doe doe – laat ons sien wie jy is

Toe doe doe doe – Janneman