Wys my die weg van hier na oomblik beter

Kortste pad om te van na onmiddellik satisfak-

Sien jy die siel wat weet waar is die kosbak

Bly by die wiel, hierna moet ons laat spat

Soos in die son, soos in ‘n wille oomblik

Gryp jy stil en stil jou laaste gil

Wat jou vervul verwyt soos jy vergeet het

Nog net een raam spoel weg en vat jou saam

 

En sou jy dink dat jy die see kon drink

En sou jy voel als wat Goed bedoel

En jy beland speeksel in die sand

 

En sou jy val, jy tevrede mal

En sou jy sink in jou diepste skink

En jy beland speeksel in die sand

 

My laaste sent geskenk aan die moment

Perfek gedek vir die strelende effek

Diep in die greep van syn sonder begeerte

Verdwaal verdwyn stap in en maak my klein