Ek moes geweet julle is metodiste

Oorgegee aan die luste

al die jare soos gister en dis ietwat sinister

Toe daai leepoog vriend Anton vir my sê

Los maar jou kosblik by die deur 

 

Ons was skaars  16 jaar oud

jou ma was so hot en met die wêreld vertroud

dit was die tyd van ons lewens

alle sondes vergewe

maar goddank jou fokken ma was stout

 

by die deur kry ek snuf in die neus

it was pampoentert en appel gewees

dit het my warm laat voel

soos ‘n gloed oor my spoel

Sy het selfs aangedring om vir my te voer

 

Anton sê los dit maar liewers

want daai lepel was definitief iewers

Sy het my nader getrek

ek het geweet sy bedoel

ek het maar toegelaat dat sy my bevoel

 

voor ek die lepel in die dak kon steek

nog voor ek weet waar ek myself begeef

die vuur en die vlamme van die oomblik hier

haar man agter die kamermuur

hy het maar net ‘n strikdas aan

hy vra my weet jy wat’s my naam

O Heer

O Heer

Penetreer

 

ek moes geweet het julle is metodiste

oorgegee aan die luste

en ons hoop op die beste

en los maar die reste

maar ek sien julle nou

sien my man en my vrou

dat ons drie ewig ons as enig beskou

 

Dis nou 35 jare of wat later

Ou Anton is al lankal nie meer

Maar eks so gelukkig soos 'n biker in die middag verkeer

Tussen jou ma en die Strikdas meneer

 

Ek het geweet julle is metodiste

Oorgegee aan die luste

al die jare soos gister en dis ietwat sinister

maar ek’s happier nou

met my man en my vrou

ons drie is heilig is een

en ons voel so geseën