Wat sê jy van moeilikheid

die wereld’s klaar in geleende tyd

lava spoel 

oor die aarde uit

ons wandel in geleende tyd

 

soos ‘n boom 

op die aard se soom 

soos ‘n seewier in die see se stroom 

van ondergronds tot bo-oor ons 

tot die asem in ons are

 

een vir een 

elke dag geseën 

van sonsak toe

tot weer begin

die tyd is min maar nietemin, 

elke oomblik 

een vir een

 tree vir tree en sin vir sin

 

dis radikaal maar die waarheid’s kaal

of ons hoor of in die kiem wil smoor

maar wat help dit mens die ewige gepeins

met jou hande in jou hare 

 

en eendag kom jy op die ou end af

op die mens wat jy geword het

en jy sê jou naam en neem daarmee saam

o, die mens wat jy geword het

 

een vir een 

elke dag geseën 

van sonsak toe

tot weer begin

die tyd is min maar nietemin, 

elke oomblik 

een vir een

mmmh mmmh mmmh

tree vir tree en sin vir sin

 

dis radikaal maar die waarheid’s kaal

of ons hoor of in die kiem wil smoor

Wat sê jy van moeilikheid

kyk die wereld’s klaar in geleende tyd

lava spoel 

oor die aarde uit

ja, ons wandel in geleende tyd