Ek hoor die wêreld brand al weer
Ek sien die aarde disintegreer
Die noorde het die reën gesteel
Hul dade het hierdie land verniel

Ek stap met my masjiengeweer
Om te oordeel wat jy vra
Ek treur oor my amerika
Die son sak neer oor haar

My asem word met sand gesif
My longe nat en swaar
Die gif het al my bloed bereik
Ek tel my laaste dae

Vir vrede
Vir almal

Ek sien ons het 'n kans verbeur
Die konings het met ons god gespeel
Hul woorde is van sin beroof
Die skade is in die nuus geloof

Ek stap met my masjiengeweer
Om te oordeel wat jy vra
Ek treur oor my amerika
Die son sak neer oor haar

My asem word met sand gesif
My longe nat en swaar
Die gif het al my bloed bereik
Ek tel my laaste dae

Vir vrede
Vir almal
Na die dood
Van almal