My obsessie het my nou

in haar arms word ek vasgehou

sy weet sy’s in my kop

voor my siel, ek is in die sop

ek spook om uit te kom

maar vind my vlerke vasgegom

 

elke keer as ek my oë oopmaak

val ek van vooraf vir dieselfde saak

sy het my in die palm van haar hand

die aantrekketting laat my altyd hier beland

 

elke dag word als herhaal

net die kleur raak effe vaal

maar wie is ek om te kla

almal hier sit met dieselfde plaag

 

elke keer as jy jou oë oopmaak

val jy van vooraf vir dieselfde saak

ek het jou in die palm van my hand

die aantrekketting laat jou altyd daar beland

 

nou hier’s sy met haar kloue diep in my, is sy

is sy nie, is dit alles net in my, in my

nou hier’s sys gemaklik diep in my, is sy

maybe nie, is dit alles net in my, in my

 

guitar solo

 

my ontsnapping het alweer ontspoor

was al weg toe van haar hoor

en weer terug ek op dieselfde plek

dieselfde bank in dieselfde kerk

 

ja, obsessie het my nou

in haar arms vasgehou

ek weet sy’s in my kop

maar sy hou my ewig dop