Ons het lank genoeg gestry

ons het lank genoeg baklei

in hierdie land wil ons nog bly

ongehinderd en bevry

 

ons lewe elke dag  

Somtyds sonder Eskom krag

maar jy kan als vermag

as jy strewe en jy smag

 

Jy kan alles wat  jy wil, 

jy kan elke wens vervul

Ons volk het saam gestaan

Vir ons land Suid Afrikaaaaaaaa 

 

Kom die bokke bokke bokke, 

Kom die bokke bokke bo

Bring die beker beker beker, met Suid Afrika daar opja, Opja

Ons staan nou almal #opja, opja

In die naam van onse heer wen ons keer op keer op keer

en ons lig die wêreldbeker

 

Hulle brand die hele land

Ons bediendes is gestrand

Van die oggend tot die aand

En die wasgoed staan al lank

Daar is nicknaks in die bank

en die skottelgoed se stank

dit laat my amper tjank

ja dit dryf my glad na drank

het ek hiervoor ja gestem

nee ek trap nou op die rem

en  ek dink ek staan nou op Ja  

 

Kom die bokke bokke bokke, 

Kom die bokke bokke bo

Bring die beker beker beker, met Suid Afrika daar opja, Opja

Ons staan nou almal #opja, opja

Met die beste Springbokspan wat die wêreld wys ons kan

Kom ons staan nou almal opja. 

 

Suid-Afrika

ons vir jou en jy vir my

Suid-Afrika

al is ons blou wil ek net hier bly

Suid-Afrika 

as ons grou sal ons goud hier kry

Suid-Afrika

Rassie by die bokke

maak ons harte bly



Oom Angus het gesê

jy moet bid as jy wil hê 

jy moet glo in jou geloof

van Danville tot Waterkloof

soos Noag by die vis

en Simson in die sloot

is ons tiendes nog genoeg

om die aartappels te ploeg  

mag ons liefde tydloos bly

mag ons seëninge versprei

en ons lank gelukkig bly 

in ons land suid afrika




Kom die bokke bokke bokke, 

Kom die bokke bokke bo

Bring die beker beker beker, met Suid Afrika daar opja, Opja

Ons staan nou almal #opja, opja

In die naam van onse heer wen ons keer op keer op keer

met Rassie in beheer sal ons altyd wen ek sweer

en ons lig die wêreldbeker