Weet jy waar het die wind sy spoor gevind

die wind, die wind

wat alle mens verbind

se spore sal jy vind in die fluister van 'n kind

 

Vir wie sing die kind in die stof langs die spoor

vir 'n ma, vir 'n pa

'n engel wat wink

'n skaap wat blêr

of dalk net vir die wind

 

Op na die berge

waar die berge antwoord gee   

 

Weet jy waar het die aarde sy naam gekry

die aarde se naam is alles wat bestaan

is binne ek en jy 

en alles wat hier bly

 

Weet jy waar het die berge sy bloed gekry

die berge se bloed is lopende goed

wat lê en rus 

bloei en bos 

 

Op na die berge

waar die berge antwoord gee   

(herhaal)

 

Jy maak jou keuse om op te staan

jouself te wys

sê jou naam

maar wie het die tyd om na jou te kyk

jou woorde wapper in die wind

op na die wolke

bo-oor die aarde

weg na die sterre

 

Op na die berge

waar die berge antwoord gee  

 

Weet jy hoe lyk die wêreld van hier my kind

die mooiste mooi is opgetooi 

in die lewe wat jy is en die asem wat jy het

 

Het jy al met jouself in die stof gaan dans

in die son gekry met die hitte daarby

in die stof jouself aan die dans gekry

 

Jy leef met die keuse om aan te gaan of end te kry

weg die droom, weg pyn

die son wat sak en als verby

die woorde stop met asem op

 

die drome vergaan

jou wense onbeman

 

Op na die wolke

bo-oor die aarde

weg na die sterre

Op na die berge

waar die berge antwoord gee