Riku deur die lens van Jans Rautenbach

Sekere herinneringe bly mens by.  Hierdie dag was ek besig om te skryf aan die lied "Waai" vir Jans Rautenbach se laaste film Abraham.  Dit alles het gebeur in Vlakteplaas aan die voet van die Swartberge.  Hierdie spesifieke dag was ek op die damwal by Schurwekop besig om na 'n melodie te soek op die trekklavier, toe oom Jans in die verbyry sy kamera gryp, my onwetend afgeneem het en die foto later vir my stuur.  Dit was een van die meer betekenisvolle leerskole in my lewe om deel te wees in die Abraham-proses.  Vir almal, maar veral vir Gustav Kuhn, Jans en Almeri Rautenbach, is ek so ongelooflik dankbaar.