Photo Gallery/Foto's
Daar was 'n lieflike mens genaamd Henry Engelbrecht wat kuns gemaak het met sy kamera deur mense af te neem soos hulle musiek speel. Hy het op die ou end sy lewe daarvoor gegee: Covid gekry by 'n Rock-konsert en ongelukkig daaraan gesterf. Ons is lief vir hom en steeds baie dankbaar vir wat hy vir ons almal gedoen het. Lank mag hy leef deur wat hy vir ons agtergelaat het. Dankie vir die al die mooi wat jy gemaak het, Henry!
Die dag wat Riku en Jackie van die plaas in Hekpoort getrek het na Strand, het Riku vir oulaas bietjie klavier getokkel vir die Magaliesberge en al sy diere.
Nog een van die pragfoto's van die uitstekende fotograaf Suzanne Joubert. Moenie ons vra hoe dit gedoen word nie. Ons het bloot rondgestaan en weird gelyk en toe ons weer sien het Suzanne al hierdie mooi foto's van ons geneem. Dit was natuurlik gedoen by die Taalmonument in Paarl
Hierdie foto is geneem kort nadat kinders om Riku saamgedrom het omdat hy 'n rooi fluitjie gespeel het in die stofstrate van Nieu-Bethesda. Daardie fluitjie is later verruil vir 'n mooi klipkunswerk. Albei betrokke partye dink hulle het gescore uit die deal uit
Gideon Breytenbach het hierdie foto geneem tydens die Wasgoedlyn se konsert by Backsburg waar onder andere Anton Goosen, Die Kaalkop Waarheid, Piet Botha, Willim Welsyn, Churchil Naudé, Tribal Echo, Albert Frost, Akkedis en Valiant Swart opgetree het. Was pret.