Riku speel trekklavier by die Taalmonument

Riku Lätti is 'n sanger-liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer en filmmaker. Sy musiek is haas onmoontlik om in te hok, want, net soos die man, is sy musiek eklekties en 'n omarming van 'n groot hoeveelheid style, afhangende van die atmosfeer wat hy wil skep. Hy is die mede-skepper van die klankbane van die TV-reeks Hopeville (genomineer vir 'n Emmy, en wenner van die Rose d'Or award) en Wie lê Waar en Vlug na Egipte. Hy is ook verantwoordelik vir die klankbane van die vollengte films Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (waarvoor Riku 'n SAFTA gewen het), die Jans Rautenbach-film, Abraham - oorspronklike musiek uit Abraham, asook Skemerson, waarvoor hy vir ‘n SAFTA benoem is.

Saam met Gideon Breytenbach is Riku is die mede-regisseur van die opspraakwekkende dokumentêre film Die Ongetemde Stem, wat by die Woordfees 2021 vrygestel is.  Die film het “best documentary Feature” gewen by die Angeles Film Festival in Los Angeles.  Die film wen die Cannes Film Awards - Best African Film 2023.


Riku en Jackie Lätti  het die musiekblyspel, Die Pop aan die Toutjie, onlangs klaar geskryf en getoonset en dit word tans as ‘n televisiereeks verwerk.


Riku het al dosyne albums vrygestel, geskryf, opgeneem en vervaardig waarvoor hy talle akkolades en pryse ontvang het.  Riku is ook die stigterslid van Die Wasgoedlyn,'n innoverende beweging wat  tot 'n tv-reeks verwerk is. Hy soek kreatiewe skeppers op in hul natuurlike habitat en neem hulle op. Geen pretensie. Net rou, eerlike, musiek, opgeneem en verfilm ken tentoongestel nie net as 'n beeldskone protes teen die stand van die hedendaagse musiek-industrie in Suid-Afrika, maar ook om ‘n klein biblioteek te vestig sodat al die ander alternatiewe Afrikaanse musieke nie verlore maar gaan nie, maar ‘n ewige lewe kan hê.